News

3 uit 4 sit unieke tradisie voort!

Dis 'n spesiale tradisie wat deur die jare die toets van tyd weerstaan het.

VANDERBIJLPARK – Vier oud-kollegas van Laerskool Kollegepark het in 1996 met ‘n baie spesiale tradisie begin.

Dit was die jaar waarin mnr. Lourens Marx (die skoolhoof) en onderwysers Carlyn Venter, Hester Malan en Herda Maritz almal hul 50ste verjaardae gevier het.

Tien jaar later, in 2006, het hulle weer bymekaargekom om hul 60ste verjaardae met ‘n gesellige uiteet te vier. En só het ‘n pragtige tradisie amptelik posgevat.

Toe die groep hul 70ste verjaardae vier, was dit soos oudergewoonte ‘n vrolike kuier.

Dit sou egter die laaste keer wees dat die groep van vier voltallig was, want die geliefde Herda Maritz is ongelukkig in Julie 2017 in die ouderdom van 71 oorlede.

Die mikpunt is nou 90

Die drie oorblywende oud-kollegas en vriende is dankbaar dat hulle steeds gespaar is om vanjaar hul 80ste verjaardae op die tradisionele wyse saam te kon vier.

En hulle droom is nog lank nie verby nie.

“Ons mik nou om saam 90 jaar oud te word. Net die tyd sal leer of dit sal realiseer,” sê mnr. Marx met ‘n glimlag.

* Namens die gemeenskap wens Vaalweekblad hierdie drie oud-kollegas baie geluk met hul 80ste mylpaal. Ons hoop om oor tien jaar weer oor die “drie musketeers” se legendariese kuier te berig!

Die vier LS Kollegepark-kollegas in 1996 met hul 50ste verjaardae. Voor sit Carlyn Venter. Agter van links is: Hester Malan, Lourens Marx en Herda Maritz.
Hulle word 60 jaar oud in 2006. Van links is: Carlyn Venter, Hester Malan, Lourens Marx en Herda Maritz.
Die vier het vir die laaste keer in 2016 al vier se 70ste verjaardae gevier. Van links is: Carlyn Venter, Hester Malan, Lourens Marx en Herda Maritz.
Vanjaar kon drie van die oorspronklike vier weer saamkom om hul 80ste verjaardae te vier. Van links is: Hester Malan, Lourens Marx en Carlyn Venter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button