Local newsNews

Hondjies steel kinderharte tydens Vaalpets besoek

Wat is dan nou lekkerder as om met hondjies te speel en te sorg dat hul kos en komberse het in die winter?

VANDERBIJLPARK – Die Huiswerksentrum het onlangs ʼn Omgee-projek geloods waar hul die kinders en ouers gevra het om hondekos, komberse en snoepgoed vir honde te skenk.

Die hondjies maak seker al die sagte komberse word gelaai. Foto: Die Huiswerksentrum/Facebook

Die kinders, van Graad RR tot Graad 7 wat gedurende die vakansie by Die Huiswerksentrum is, het die dae afgetel na die groot dag. Hulle kon nie wag vir Vaalpets Rescue Centre se besoek nie.

Dié week het dit uiteindelik aangebreek. Die Vaalpetsspan, en baie klein hondjies in hul sorg, het by Die Huiswerksentrum opgedaag.

Ver gestrek, maar die hondjie kry aandag. Foto: Die Huiswerksentrum/Facebook

Daar is ʼn kampie opgeslaan waar die hondjies veilig kon speel en die kinders het die geleentheid gehad om die hondjies te troetel.

Elke hondjie het sommer baie liefde en aandag gekry en is met groot deernis hanteer. Daarna is al die geskenkte hondekos en komberse in die bakkie gelaai.

Die kinders, Vaalpets personeel en die hondjies by al die geskenkte hondekos. Foto: Die Huiswerksentrum/Facebook

Die Huiswerksentrum het meer as 250 kg hondekos, 30 komberse en 40 bederfies aan Vaalpets oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button