
VANDERBIJLPARK – Eerskomende Saterdag kom die eerste rugbyspan van die HS Transvalia voor een van sy grootste uitdagings te staan wanneer hy Dr. EG Jansen die stryd aansê.
Die Valke-derby in die SDC Noordvaalbeker wat om 12:30 op Valia se hoofveld plaasvind, word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai.
Volgens Lloyd Greeff, Transvalia se direkteur van rugby, is hy baie bevoorreg dat sy span geen ernstige beserings in hul spogsege met 20-13 oor Rustenburg opgedoen het nie.
“Ons is amper op vol sterkte. As die basiese dinge goed verloop behoort om ʼn oorwinning oor EG Jansen te behaal,” het hy vandeesweek aan Vaalweekblad gesê.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
