Wihandre Kruger, een van Transvalia se staatmakers in aksie teen EG Jansen. Foto's: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – Die HS Transvalia se eerste rugbyspan is stadig maar seker besig om op Rugby365 se skolerugby-ranglys te klim.
Die span beklee tans die 31ste posisie in die land na twee spogseges oor HS Rustenburg en Dr. EG Jansen in die Noordvaal SDC Bekerkompetisie.
Damian van Heerden vaskopstut van die HS Transvalia se eerste rugby hou die Rustenburgers besig in die verdediging. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Hoewel mens jouself nie teen ranglyste nie moet vasstaar, is dit tog redelike goeie maatstaf om jou vordering en gehalte van rugby te meet.
Direk onder Transvalia is Rustenburg, Nelspruit, Monument, Glenwoord en Diamantveld en dit wil gedoen wees.
Op 31 Mei kom Valia voor sy grootste uitdaging sover die seisoen te staan wanneer teen Menlopark in die Jakarandastad te staan. Menlopark beklee tans die 15 de op die ranglys0. En daarna is die padjie met nog vele duwweltjies besaai.
Op 7 Junie in Krugersdorp kom die beleerde Monnas aan die beurt gevolg deur Garsfontein (8ste in land:14 Junie), Helpmekaar (27 Junie: 16de in die land). Valia se eerste tuiswedstryd is eers weer op 2 Augustus teen Nelspruit, waarna Waterkloof (9 Augustus: 18de in die land: ) en Noordheuwel (16 Augustus) volg.
Wynand Stols voer ‘n plettervat uit!Declan Hatting dra die bal sterk teen Rustenburg.Johan Smit glip verby ‘n verdediger.Valia in aksie teen Rustenburg.Johan Smit van Valia span sy geleerde skopvoet in om verligting te bring.Daniel Kazambo op pad doellyn toe.Daniel Kazambo strek oor die doellyn vir een van sy drie Drieë.Lorenzo Flynn van Valia rank om besit te wen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za