NewsSport

Valia kap nog ‘n groot boom af

Greeff se ligbloumasjien is op die oorlogspad

VANDERBIJLPARK – Dit gons behoorlik soos wat die rugbytonge klap. Die groot besprekingspunt langs die braaivleisvuur is die amok wat die HS Transvalia se eerste rugbyspan in die SDC Noordvaalbekerkompetisie maak.

Die span is besig om geskiedenis te maak nadat hy die afgelope maand drie opeenvolgende seges oor van die top skolerugbyspanne behaal het.

Lloyd Greeff, afrigter van die HS Transvalia, se eerste rugbyspan. Foto: Ettienne van Rensburg

Die HS Rustenburg (20-13) het eerste op NND-Park die knie gebuig gevolg deur EG Jansen (39-26) en gister in die Jakarandastad was dit HS Menlopark (47-27) se beurt om voor die ligblou tsunami te swig.

Almal wil praat oor die ligbloumasjien. Volgens Lloyd Greeff, direkteur van rugby by die HS Transvalia en hoofafrigter van die skool se eerste rugbyspan, is dit ‘n samekoms van baie opofferings en harde werk deur baie mense.

“Ons het NND-park Saterdag saamgeneem Pretoria toe,” het ‘n bitter tevrede Greeff na sy span se spogsege oor Menlopark gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button