Plaaslike bokslegende sterf
Hy was ‘n tweemalige Suid-Afrikaanse kampioen en All Africa Champion.
MEYERTON – Huldeblyke stroom in vir Gerhard “Billy the Kid” Bruwer (40), ’n tweemalige Suid-Afrikaanse kampioen, wat die naweek oorlede is.
Gerhard Bruwer, beter bekend in boksgeledere as “Billy the Kid”, het nie net in sy leeftyd twee keer ’n Suid-Afrikaanse titel ingeplam nie, maar ook die harte van baie mense in en buite die ring. Sy onverwagte afsterwe die naweek het ’n golf van hartseer in die boksfamilie ontketen.
Sy broer, Rudi Bruwer, het die hartseer nuus op Facebook gedeel: “Nooit gedink ek dat dit moet post nie, al die vra wat deur my kop gaan en ek kry nie ’n antwoord nie. Ek weet nie hoe om my beste pel, my broer, te groet nie.”
Nicky Ness, het ’n treffende huldeblyk geplaas:
“What can I say, not a good weekend for our boxing family. I had to say goodbye to my cousin Herbie Vermeulen and today my boxer on the right side of me, Gerhard Bruwer — Booysens boxer, SA champion and All African champion — passed on today. And the sad thing is, this photo was taken yesterday. Rest in peace, Gerhard ‘Billy the Kid’ Bruwer.”
Bruwer was nie net ’n kampioen in die ring nie, maar ook iemand wat onthou sal word vir sy lojaliteit, geesdrif en kameraadskap. Sy dood laat ’n groot leemte.
