DURBAN – Gerda Steyn se oorwinning in die 2025 Comrades-marathon vandag was haar vierde titel, ná suksesse in 2019, 2023 en 2024. Hoewel baie van haar voorbereiding in Frankryk plaasgevind, waar sy en haar man Duncan ’n huis het, het sy vroeër vanjaar ook ’n belangrike wedloop in Suid-Afrika gehardloop.
Die Vaal Marathon in Vereeniging, wat sy as deel van haar oefenprogram gehardloop het, was een van die wedlope wat sy in die aanloop tot Comrades maklik gewen het. Ná die wedloop het sy op sosiale media gesê:
“I loved running Vaal Marathon and to round off the week’s work on a high note. Distance was covered, selfies were taken, fun was had, job was done!”
Hoewel dit nie ’n wedstryd met groot wêreldwye aandag was nie, het dié ervaring deel gevorm van haar uitgebreide voorbereiding vir die Comrades-marathon.
Op Sondag het sy dié voorbereiding bekroon met haar vierde Comrades-titel.
