OPDATERING: 19:40 – 2025/06/11
Hoewel daar vroeër berig is dat die R59 oopgestel is ná vanoggend se betogings, word padgebruikers nou weer gewaarsku om die gebied te vermy weens nuwe veiligheidsrisiko’s.
Daar is tans verslae dat individue petrolbomme en ander vlambare voorwerpe vanaf brûe gooi, veral in die omgewing van die R550-, Joanweg- en Randvaal-afritte in albei rigtings.
Vragmotorbestuurders en ander voertuie word glo spesifiek geteiken en moet uiters waaksaam wees.
Nooddienste en die SAPD op die toneel, maar die situasie bly gespanne.
Vermy asseblief die R59 indien moontlik en wees ekstra versigtig.
Hierdie is ’n ontwikkelende storie – ons sal opdateer sodra meer inligting beskikbaar is.
OPDATERING: 09:50 0 2025/06/11:
Die verkeersdepartement het bevestig dat die R59 weer oopgestel is vir verkeer.
Plaaslike owerhede monitor die situasie.
Vaalweekblad verneem ook dat drie vragmotors glo tydens die protesoptrede aan die brand gesteek is.
—- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —- —-
Die R59-hoofweg tussen Vereeniging en Johannesburg is tans in beide rigtings gesluit weens protesaksie. Motoriste word versoek om alternatiewe roetes te gebruik en versigtig te wees.
Volgens ‘n WhatsApp-groep is die pad naby Alberton en Meyerton gesluit in beide die noordelike en suidelike rigtings. Die M61 word as ‘n alternatiewe roete aanbeveel.
“R59 is gesluit noord en suid. Alternatiewe roete is M61. Gebruik asseblief alternatiewe roete. Wees veilig,” lui die kennisgewing.
Owerhede monitor die situasie en verdere inligting sal voorsien word soos dit beskikbaar raak.
