NewsSport

Valia laat Garsfontein groot skrik

Wys hulle kan saam met groot honde in skolerugby blaf

VANDERBIJLPARK – Die eerste rugbyspan van die HS Garsfontein het vroeër vandag in die Jakarandastad op sy nerwe deurgeskuur om die Ligboumasjien van die HS Transvalia met 43-41 te klop.  Die telling was rustyd 17-17 gelykop.

Wihandre Kruger, fris haker van Transvalia op een van sy kenmerkende kraglopies. Foto: Ettienne van Rensburg

Transvalia is vanjaar die verrassingspakket in die SDC Noordvaaltoernooi se beker-afdeling. Valia het vanjaar opgeskuif na die bekerafdeling en sy stem dik gemaak deur Rustenburg (20-13), EG Jansen (39-26) en Menlopark (47-27) in ‘n ry te klop.  Die Ligbloues het verlede week in Krugersdorp met 24-22 die knie teen Monnas gebuig.

Valia kom op 26 Julie tuis teen Helpmekaar te staan.  Hoewel daar nog baie water in die see moet loop het Transvalia onder leiding van Lloyd Greeff en Gunder Williamson gewys dat hulle week in en week uit met die beste spanne in die land kan meeding.

Lloyd Greeff, afrigter van die HS Transvalia, se eerste rugbyspan. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button