News

Jong stemme vir kinderbeskerming

Kinders praat, en ons móét luister.

Leerders van Vereeniging Gimnasium het as deel van vanjaar se Kinderbeskermingsweek aan ’n plakkaatkompetisie deelgeneem om bewusmaking te skep rondom kinders se regte en die belangrikheid daarvan om hulle teen geweld en mishandeling te beskerm.

Die tema van die week wat van 29 Mei tot 5 Junie gehou is, was “Working together to end violence against children.”

Die inisiatief is deur die skool se maatskaplike werker, Charlese Mc Millan, gereël as deel van Kinderbeskermingsmaand.

“Ons het vir die leerders gevra om plakkate te maak oor enige aspek van kinderbeskerming. Dit was vir ons belangrik om hulle ’n stem te gee,” sê sy.

Eerste plek is toegeken aan Esperanza Pieterse, ’n graad 11-leerder, vir haar treffende en kleurvolle plakkaat met die boodskap: It shouldn’t hurt to be a child. In die tweede plek was

Neo Monela (graad 8) met haar plakkaat wat sê: Stop Child Labour.

Neo Monela (graad 8) het ‘n tweede plek behaal met haar plakkaat wat sê: Stop Child Labour.

Die derde plek is toegeken aan Prince Khoza (ook graad 8), wat baie navorsing gedoen het vir sy insiggewende plakkaat oor kindermishandeling in Suid-Afrika.

Die plakkate sal by die skool uitgestal word om bewustheid te bevorder.

Pryse het ingesluit: ’n R150 snoepie-koepon vir eerste plek, R100 vir tweede, en ’n R50 koepon en sjokolade vir derde.

“Ons is trots op die kinders se harde werk en toewyding,” sê Mc Millan. “Hulle wys dat kinders hul regte verstaan en bereid is om daarvoor op te staan.”

Prince Khoza (graad 8) het baie navorsing gedoen vir sy insiggewende plakkaat oor kindermishandeling in SuidAfrika. Hy het ‘n derde plek behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button