NewsSport

Rhinoweek vier 10 jaar van uitnemendheid

Springbokke soos Elrigh Louw het sy tande by die Rhinoweek geslyp

VANDERBIJLPARK — Van 1 tot 5 Julie 2025 word Rhinoweek 2025 by die VUT Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark aangebied, en dié gewilde sportweek vier vanjaar sy tiende bestaansjaar.

Wat in 2015 begin het as ’n nederige streeksportweek met net 12 rugbyspanne en 18 netbalspanne, het in die afgelope dekade gegroei tot ’n nasionale sportfees met meer as 90 skole en oor die 3 100 deelnemers in rugby, netbal en hokkie.

Die ontstaan van Rhinoweek spruit uit die visie van Dries van Heerden en Daan Gouws, wat reeds in 2013 begin beplan het aan ’n platform waar kinders  ongeag agtergrond of omstandighede  saam kan sport beoefen. Die eerste stigtingsvergadering is in 2014 by Hoërskool Linden gehou, saam met rolspelers soos Dr Jorrie Jordaan, Renette Nell en Ertjies Hattingh.

Rhinoweek se eerste amptelike toernooi is in 2015 by die Isak Steyl-stadion gehou en word sedertdien jaarliks aangebied deur Prestige Jeugsport. In 2023 is die naam verander na Rhino Youth Sport Development, en vanaf 2025 is dit amptelik ’n geassosieerde lid van Gauteng Sport.

Wat eens ’n plaaslike byeenkoms was, het nou nasionale én internasionale deelname, insluitend spanne van Namibië, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en Gauteng. Die ekonomiese impak op die Vaaldriehoek is duidelik sigbaar, met skole, gastehuise en restaurante wat floreer tydens die sportweek.

“Ouer en kind spandeer hul geld plaaslik – dis ’n reuse-impak vir die gemeenskap,” sê die organiseerders.

Na nege jaar as voorsitter het Dries van Heerden onlangs uitgetree en die leisels oorgedra aan Martin van Wyngaardt. Saam met Gert Tsoetsi (Toernooi Direkteur) en Hennie van Vuuren (Streekverteenwoordiger), lei hulle ’n dinamiese span van 18 personeellede wat toesien dat alles professioneel verloop.

Die organisasie se kernmissie bly om kinders geleenthede te gee wat hulle andersins dalk nie sou hê nie – met ’n spesifieke fokus op kinders uit minder gegoede gebiede.Alhoewel fondse soms beperk is, het Rhinoweek nog nooit enige speler weggestuur omdat hulle nie kon betaal nie. Ongeveer 20% van deelnemers ontvang hulp met kostes — iets wat die organisasie as ’n eer beskou.

“Solank kinders die kans kry om aan sport deel te neem, slaag ons,” sê Van Heerden. “Rhinoweek is nie net ’n sportweek nie — dit’s ’n droomweek.”

Met toenemende media-teenwoordigheid via SuperSport en groot betrokkenheid op sosiale platforms, bevestig Rhinoweek sy plek as een van die jaarlikse hoogtepunte op die skolesportkalender in Suid-Afrika.

Die bepalings is:

2 Julie: Stadion

08:00: o/14 – Griffons CD VS Ekurhuleni Xv

09:00: o/14 – KZN South Coast VS Cobras

10:00: o/15 – JHB Sentraal Wes VS Ekurhuleni

11:00: Official opening:

11:45: o/15 – Pumas CD VS Sedibeng

12:45: o/17 – Ekurhuleni XV VS Cobras

14:00: o/17 – Sedibeng VS KZN South Coast

15:15: 0/19 – Gauteng West VS Cobras

16:30: 0/19 – Sedibeng VS JHB Central West

A-field:

08:00: o/14 – Fezile Dabi XV VS Sedibeng

09:00: o/14 – JHB Sentral West VS Ekurhuleni

10:00: o/15 – Cobras VS JHB West XV

11:00: Official opening

11:45: o/15 – KZN South Coast VS Amaqhawe

12:45: o/17 – Ekurhuleni VS JHB Central West

14:00: o/17 – Sedibeng XV VS Mustangs

15:15: o/19 – KZN South Coast VS Ekurhuleni

B-field:

08:00: o/15 – Wasps VS Platinum Hawks

09:00: o/15 – Broncos VS Mustangs

10:00: o/15 – Meyerton Knights VS Allies

11:00: Official openining

11:45: o/17 – Vikings VS Awaghawe

13:00: o/17 – Broncos VS Platinum Hawks

14:15: o/19 – Lynx VS Platinum Hawks

15:30: o/19 – VRC VS Mustangs

C-field:

08:30: o/17 – Mmabatho VS RCSA

09:45: o/17 – Allies VS Meyerton Knights

11:00: Official Opening

11:45: o/17 – Lynx VS Mustangs Young Guns

13:00: o/19 – Broncos VS RCSA

14:15: o/17 – RCSA XV VS Awaghawe XV

15:30: o/17 – Sizanani VS Riverside

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button