News

Onnie se boek vol gif, intrige en genesing

In ‘n wêreld waar spinnekoppe, miergif en bloedbande meeding, vind twee seuns skuiling én skokke in mekaar se stories.

Evert Wasserman, oudjoernalis en tans departementshoof by St Benedict School in Pinetown, het sy debuutroman Die gif tussen ons are geskryf, uit ‘n wens om vriendskap en moeilike verhoudings in ‘n skoolomgewing uit te beeld.

Sonder om aanvanklik ‘n vaste storielyn te hê, het hy eenvoudig begin skryf totdat die verhaal vorm aangeneem het.

Die roman vertel die verhaal van Raymond (‘Kriek’), wat ‘n skokkende tragedie beleef toe sy broer Wynand, hul pa Simon, tydens ete in Melkbosstrand op 24 November 2020 doodskiet en daarna selfmoord pleeg.

Kriek word na ‘n kosskool, Pres-Academia in Benmore Gardens gestuur om van die trauma te herstel.

By die skool ontmoet hy James (‘Koedoe’), wie se stiefpa hom herhaaldelik met miergif vergiftig — genoeg om hom siek te maak, as vorm van straf.

Kriek word later deur ‘n spinnekop gebyt, beland in ‘n koma en verloor sy hand.

Die storie bevat ook ‘n wending wanneer Koedoe uitvind van sy suster, Delmien.

Wasserman sê sy agtergrond as onderwyser het hom gehelp om jong karakters geloofwaardig uit te beeld, en hy wou spesifiek ‘n boek skryf met eenvoudige taal en kort hoofstukke om tieners aan te moedig om te lees.

Die gif tussen ons are is reeds genomineer vir ‘n SAFA-toekenning en is beskikbaar op Takealot en as e-boek via Draft2Digital.

Daar bestaan ook ‘n studiewerkgids vir graad nege en 10 leerders.

Wasserman het intussen sy tweede roman Windbestand voltooi en oorweeg ‘n opvolg op Kriek en Koedoe se verhaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button