Local newsNews
Plettervatters en spoedvrate
Ons wens die Ankerskool in Vanderbijlpark se o15 span alle sterkte en voorspoed toe vir die finaal teen HS Voortrekker. Die Vaalweekblad staan bankvas agter julle!
VANDERBIJLPARK – Die Ankerskool se o15 rugbyspan is deur na die finaal van die Valke liga.
Dit volg na ʼn uitstekende seisoen waar hul al hul wedstryde gewen het. In die semi-finaal het hul van die afskop oorheers en Kemptonpark Panorama se span het geen kans gehad nie.

Hul semi-finaal is teen halftyd gestaak met ʼn telling van 46 – 5. ʼn Uitsonderlike prestasie.
Die magtige o15’s durf 26 Augustus die Hoërskool Voortrekker om 09:00 aan. Die finaal vind plaas by die Hoërskool Hans Moore in Benoni.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
