13 jaar gelede het dit in die Vaal gesneeu
Op 7 Augustus 2012 – vandag 13 jaar gelede - het sneeuvlokkies vir ’n seldsame oomblik in die Vaal-driehoek geval.
OPDATERING – 11:15, 2025/08/07:
Sedert ons hierdie artikel oor die seldsame sneeuval op 7 Augustus 2012 gepubliseer het, het ons verskeie foto’s van lesers ontvang wat hul eie spesiale oomblikke daardie dag vasgevang het.
Ons het die storie nou bygewerk om van hierdie pragtige beelde in te sluit – baie dankie aan almal wat hul foto’s met ons gedeel het!















—————————————————————————————-
VEREENIGING – Op 7 Augustus 2012 het ’n besonderse weerfenomeen die Vaaldriehoek getref toe dit in Vereeniging en omgewing begin sneeu het.
Krugerlaan Skool het toe die seldsame gebeurtenis vasgevang met pragtige foto’s van die sneeuvlokkies wat sag op die grond neergelê het.
Sneeu in die Vaal is ’n skaars en onvergeetlike gebeurtenis – so besonders dat dit steeds mense se herinneringe wakker roep.
Het jy dalk self foto’s van daardie sneeu in 2012? Deel gerus jou foto’s met ons deur dit aan te stuur na christiaan@mooivaal.co.za en help ons om dié koue dag weer tot lewe te bring!


