Vermiste tiener gevind
Die 16-jarige tiener wat sedert Vrydagmiddag vermis is, is intussen gevind.
OPDATERING – 9 Augustus 2025 – 07:20
The Beast Security het Saterdagoggend bevestig dat die vermiste 16-jarige Danel Marx opgespoor is. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.
——————————————————————————
MEYERTON – Die 16-jarige Danel Marx word sedert Vrydag vermis en haar familie en vriende is dringend op soek na haar.
Volgens inligting is Danel omstreeks 13:30 op Vrydag laas by Hoërskool Dr. Malan gesien.
Danel is 1.6 meter lank, met swart hare en blou oë.

Sy het op die dag ‘n ligte denim, tekkies en ‘n blou skool-“hoodie” gedra.
Danel het nie ‘n selfoon by haar nie, en daar is tans geen manier om direk met haar in verbinding te tree nie.
Enigiemand met inligting oor het oor waar sy is word dringend versoek om Healani by 076 077 2000 of Joan by 076 681 4991 te kontak.
Die publiek word gevra om hierdie inligting wyd te deel om te help om Danel so vinnig moontlik op te spoor.
