News
Ultimate Action Cricket blink uit by interprovinsiale toernooi
Ultimate Action Cricket se spanne het die Vaaldriehoek trots verteenwoordig en met ’n silwer medalje huis toe gekom.
VEREENIGING – Twee spanne van Ultimate Action Cricket het die Vaaldriehoek tydens die Inter Provincial Tournament, wat van 5 tot 9 Augustus in Vaalpark aangebied is, verteenwoordig.
Die o30 ope span het uitstekend gevaar en die eindstryd teen Western Province gehaal. Hulle moes egter met die tweede plek tevrede wees ná ’n taai wedstryd.
Die uitnodigingspan het ook ’n stewige vertoning gelewer en kon met trots hul bydrae tot die toernooi afsluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
