News

Jong kunstenaars skitter by Dreamz-kunsuitstalling

’n Fees van kleur, kreatiwiteit en kultuur het Destinata Skool se saal gevul toe jong kunstenaars onlangs hul werk daar uitgestal het.

MEYERTON – Die jaarlikse kunsuitstalling van die Dreamz Glass & Art School, onder leiding van kunsonderwyseres Hettie Hayward, is op Saterdagaand, 16 Augustus by Destinata Skool gehou.

Die tema vanjaar was Ancient Rome, met ’n semi-formele kleredragkode.

Gaste besigtig kunswerke tydens die Dreamz Glass & Art School se jaarlikse kunsuitstalling by Destinata Skool. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Hayward is daar vanjaar ’n merkbare styging in kunswerke wat uitgestal was teenoor vorige jare.

Ons het ongeveer 250 werke van skole in die omgewing ontvang, veral van Hoërskool Overvaal en Hoërskool Dr. Malan,” vertel sy.

Vyf van die Dreamz Glass & Art School se top kunstenaars van 2025. Van links: Recia Willemse, Pippa Koen, Nadia Mickenautsch, Carolyne Klein en Alyssa van Heerden. Foto: Christiaan Cloete

Werke van Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool Voorwaarts en verskeie tuisskoolleerders het ook deel gevorm van die uitstalling.

Hayward sê die standaard van die werk was beduidend hoër as in 2024. “Hierdie jaar se werke is oor die algemeen van ’n veel beter gehalte as verlede jaar. Ons het ook iets nuuts probeer deur die werk van jonger leerders saam uit te stal, in plaas daarvan om dit per tema te groepeer soos ons voorheen gedoen het.”

Carolyne Klein by een van haar kunswerke wat deel van die Dreamz Glass & Art School se uitstalling gevorm het. Foto: Christiaan Cloete

n Besonderse aspek van die uitstalling was dat die werke van leerders wat kuns as skoolvak neem, deur die onderwys departement geëvalueer is. Hierdie werke tel dus ook as praktiese eksamens vir die betrokke leerlinge.

Die uitstalling het ’n wye spektrum kunstenaars verteenwoordig – van graadeentjies tot volwassenes. Selfs Hayward se moeder, Helene (74), het van haar werke uitgestal. Daarmee is die boodskap bevestig dat kuns geen ouderdomsgrense ken nie.

Helene Hayward (74) by haar kunswerke. Foto: Christiaan Cloete

Werke was te koop teen onderhandelbare pryse, wat belangstellendes die geleentheid gebied het om plaaslike talent te ondersteun en unieke kunswerke huis toe te neem.

Zinique Coetzer, ‘n graad negekunsstudent poseer by een van haar werke. Hettie Hayward van die Dreamz Glass & Art School wat die uitstalling by Destinata Skool gereël het. Foto: Christiaan Cloete
Chanel Germishuys van Hoërskool Ovdervaal by van haar kunswerke. Foto: Christiaan Cloete
Hettie Hayward van die Dreamz Glass & Art School wat die uitstalling by Destinata Skool gereël het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button