MEYERTON – ’n Botsing tussen ’n bakkie en ’n sportsnutsvoertuig het Saterdagmiddag verkeer op Jim Fouche-weg tot stilstand geruk.
Die ongeluk het by die stopstraat op die hoek van Jim Fouche en Nylstraat in Riversdale plaasgevind.
Die blyk of die bakkie die ander voertuig van agter af gestamp het.
Midvaal Brand- en Reddingsdienste is op die toneel.
Motoriste word versoek om die area te vermy.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
