News

Opskudding oor moontlike parool vir Moodley

Terug na vryheid? Moodley se saak verdeel die gemeenskap.

WALKERVILLE – Die moontlikheid van parool vir Donovan Moodley, wat skuldig bevind is aan die moord op Leigh Matthews, het die afgelope week opskudding veroorsaak.

Moodley, wat sedert 2018 in aanmerking kom vir parool, het die aanbeveling van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad ontvang, maar die Minister van Korrektiewe Dienste moet nog die finale besluit neem.

Hy is in 2005 skuldig bevind aan ontvoering, afpersing en moord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis, maar het intussen ’n regsgraad voltooi.

Kritici meen Moodley toon geen ware berou nie en dat sy vrylating die Matthews-familie se trauma sal verdiep.

Ian Cameron, gemeenskapsveiligheidsaktivis, parlementslid en voorsitter van die Portefeuljekomitee op Polisie, het saam met ander sterk teenstand uitgespreek en die erns van die misdaad beklemtoon. ‘

Voorstanders van parool wys egter op die wetlike proses en evaluasies wat nagekom word voordat ’n gevangene vrygelaat kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button