Elsie van Vereeniging bring vreugde met haar handgemaakte poppe
Elsie van Vereeniging se handgemaakte poppe bly gewild.
VEREENIGING – Elsie van der Walt (64) van Vereeniging se stokperdjie om sagte speelgoedpoppe te maak het in 2016 in ’n voltydse besigheid ontwikkel waar sy haar kreatiwiteit en toewyding ten volle kan uitleef.
Elsie, ‘n voormalige skuldinvorderaar wat nou op pensioen is, vertel dat alles begin het toe ’n vriendin van Hluhluwe, KwaZulu-Natal, haar gevra het om poppe vir ’n plaaslike kerkbasaar te maak.
“Dis toe dat die gier my beetgekry het,” sê sy skertsend oor die oomblik wat haar lewenslange passie aangewakker het.

Sy skaf materiale by plaaslike winkels in Vereeniging aan en stik elke pop sorgvuldig in haar huiswerkswinkel by Ringweg 13 in Drie Riviere aanmekaar.
Haar vaardigheid as popmaker en kreatiewe inslag inspireer jaar na jaar kinders en hul gesinne.
Elsie se poppe is nie net speelgoed nie, dit is klein kunswerke wat vreugde en kreatiwiteit aan kinders en gemeenskappe bring.

Sy hoop dat elkeen van haar poppe ’n glimlag op ‘n kind se gesig kan sit en ’n positiewe invloed kan hê op die kinders en gesinne wat dit ontvang.
Skakel Elsie by 082 890 4479 vir meer inligting.
