NewsSport

Dokkies deur na gesogte Noordvaal-eindstryd

Wys karakter en veggees in halfeind

MEYERTON – Die eerste krieketspan van die HS Dr. Malan is besig om die rekordboeke te herskryf. 

Die span het die afgelope Saterdag op sy tuisveld tot die eindstryd van die Fain Noordvaal-kompetisie deurgedring nadat hy HS Kempton Park in ‘n spannende halfeindstryd met 39 lopies geklop het. 

 Die Dokkies kom eerskomende Saterdag op die neutrale veld van St. Albans teen die Garsfontein Ysbere te staan wat Potchefstroom Gimnasium met vyf paaltjies in die ander halfeindstryd geklop het. 

Die Meyertonners het Saterdag harde bene gekou en kon slegs 216/9 aanteken danksy dubbelsyfers deur Damian du Plessis (37), Heinrich JV Rensburg (29) en Jacques Nel (25). 

Die besoekers van die Oos-Rand is daarna vir 177 uitgeboul danksy ‘n spanpoging deur Keagan Meyer (2/27), Dewald Erasmus (2/27) en Heinrich JV van Rensburg (2/42).  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button