NewsSport

Ysbere gee Dokkies koue skouer in eindstryd

Garsfontein net te goed op die dag

MEYERTON – Na ‘n afwesigheid van 39 jaar in die Noordvaal-krieketeindstryd het die HS Dr. se eerste span Saterdag (8 November) in Pretoria by St Albans geskiedenis gemaak toe hy teen HS Garsfontein te staan gekom het.

Hoewel die Ysbere die eindstryd gemaklik met 9 paaltjies gewen het, het die Dokkies reggekry waaroor vele spanne vanjaar nog net kon droom het.

Die eerste krieketspan van die HS Dr. Malan in Meyerton het vir die eerste keer in 39 jaar tot die eindstryd van die FAIN Noordvaaltoernooi deurgedring.

Dit was die eerste keer in sewe jaar die Pretrianers die gesigte FAIN Noordvaalbeker omhoog kon hou.

Die TC Mitchell Oval was die verhoog waar die skouspel hom afgespeel het. Die Vaaldriehoekers het eerste gekolf en kon slegs 154/10 aanteken danksy puik boulwerk deur Garsies  se Zander Venter (4/17) wat die lopiekraan toegedraai het.

Hy is goed ondersteun deur Jared Carr (2/34). Vir die besoekers het Heindrich Jv Rensburg (47) en Adriaan Greyling 31* goed gekolf maar die telling was vanuit die staanspoor bietjie lig in die broek. Reuben van Zyl (85) en Wikus du Preez (51*) het in hul beurt die versneller platgetrap en die teiken met 9 paaltjies staande verbygesteek.

Jv Rensburg (1/37) was die enigste Dokkie-bouler wat ‘n deurbraak kon bewerkstellig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button