NewsSport

Evageslag lei AVT te se aanslag

De Clercq-sussie wys weer hulle staal.

MEYERTON –  Al die veld was vrolik danksy die Vaaldriehoek se jong rose wat tydens die afgelope ASA Sub Jeug Atletiekkampioenskap in Potchefstroom op die Puk McArthur-stadion geblom het.

Die langasem, de Clercq-sussies Miane (1500m – o.13: 4:49.09) en Emma de Clercq (1200m – 3:49.44), het beide goue medaljes verower.

Emma de Clercq spog met haar goue medalje.
Miane de Clercq vier haar oorwinning met styl.

Die blitsige Dene Prinsloo (12.23s) het met ʼn breukdeel van sekonde uitgemis om die Suid-Afrikaanse 100m-rekord vir dogters o13 te verbeter. Die bestaande rekord is in 1997 opgestel. Sy het voorts ‘n bronsmedalje in die 200m ook gewen.

Volgens haar trotse pa, Snyman Prinsloo, wat self ʼn SA-naelloper op sy dag was, is hy bitter trots op haar. “Ons het glad nie hierdie tyd verwag nie,” sê hy glimlaggend.

In die 75m- en 200-hekkies vir dogters o13 het Sienna Roos ʼn silwermedalje (11:44s) en ʼn vierde plek (30.14s) teen strawwe mededinging behaal.

Die Adamsgeslag het ook hulle teenwoordigheid laat geld met RJ en SJ Muller wat onderskeidelik silwermedaljes in die hoogspring (1.52m – o11) en 800m (2:06.52 – o13) verdien het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button