News

Vaal trek sy Kersgewaad aan!

Die Vaal begin glinster lank voor Kersdag.

MEYERTON – Met minder as twee weke oor tot Kersfees, skyn die Vaaldriehoek se Kersliggies reeds helder.

Soos Kersfees al naderkom, het inwoners regoor Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg begin om hul huise, heinings en tuine met liggies, kranse en kleurvolle Kersversierings te versier.

In sommige woonbuurte verander strate in glinsterende tonnels van lig, waar motors stadig verby ry en kinders met opgewondenheid uit die vensters loer.

Ons wil graag weet waar die beste Kersliggies in die Vaal te sien is.

Stuur vir ons die adres of ligging van feestelike vertonings in Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg, sodat ons dit met ons lesers kan deel — en die Vaal se Kersgees nog wyer kan versprei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button