News
Somersonstilstand bring langste dag en kortste nag
Vandag beleef Suid-Afrikaners die somersonstilstand – die dag met die meeste ure daglig en die kortste nag van die jaar.
VEREENIGING – Inwoners van die Vaaldriehoek, regoor Suid-Afrika en in die Suidelike Halfrond beleef vandag die somersonstilstand, wanneer daar die meeste ure daglig in die jaar is.
Die verskynsel vind plaas as gevolg van die aarde se ashelling, wat veroorsaak dat die son sy hoogste punt bo die Suidelike Halfrond bereik. Dit bring die langste dag en kortste nag van die jaar mee.
Vanaf môre sal die dae weer geleidelik begin verkort namate die land op pad is na die wintersonstilstand in Junie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
