VANDERBIJLPARK – Met vier skole van die Vaaldriehoek wat aan die Derde Kovsie Smash T20-toernooi deelneem gaan die toernooi met groot belangstelling gevolg word.
Die toernooi wat van 5 tot 9 Januarie in Bloemfontein plaasvind, verwelkom vanjaar twee nuwelinge die HS Eldoraigne en Potchefstroom Volkskool wat ʼn welkome hupstoot vir die steeds groeiende toernooi is.


Vanuit ʼn plaaslike oogpunt sal HS Overvaal, HS Transvalia, HS Driehoek en HS Sasolburg se vordering met ʼn valkoog dopgehou word.
Transvalia, Overvaal, Driehoek en SHS het hul toernooi vanoggend onderskeidelik teen Oos-Moot, Trio, Voortrekker en Lichtenburg afgeskop.

In die middagsessie (14:00) takel Valia vir Witteberg; Driehoek vir Potchefstroom Volkskool; Overvaal vir Goudveld en SHS vir Pietersburg.
Die bepalings vir Dinsdag 6 Januarie is (slegs plaaslike skole word vermeld): Oggendsessie 09:00: Driehoek t Sentraal; Kalahari t Overvaal en Merensky t Transvalia. Middagsessie 14:00: SHS t Duineveld en Jim Fouche t Transvalia.
