NewsSport

Overvaal en Valia onoorwonne na rondte twee

Spanne hou Vaaldriehoek se naam hoog.

VANDERBIJLPARK – Die krieketbrekers van die HS Overvaal en HS Transvalia het gister in Bloemfontein hul veldtog in die Kovsie Smash T20-toernooi op ‘n wennoot afgeskop.

Albei spanne spog met twee oorwinnings in twee wedstryde. Overvaal het Goudveld met 74 lopies geklop en Trio met oortuigend met sewe paaltjies gewen.

Valia het op sy beurt vir Oos-Moot met 15 lopies en Witteberg met 30 lopies geklop en sal vandag sy segetog teen Merensky en Jim Fouche wil voortsit.

HS Overvaal se krieketspan voor sy vertrek na die Kovsies Smash T20-toernooi in Bloemfontein.

Die HS Sasolburg het voorts gemengde welslae beleef. Die span het met ses paaltjies teen Pietersburg verloor en Lichtenburg met 5 paaltjies geklop.

Die nuweling in die toernooi die Potchefstroom Volkskool het in sy debuutwedstryd die HS Driehoek met 59 lopies geklop.

Die bepalings vir Dinsdag 6 Januarie is (slegs plaaslike skole word vermeld): Oggendsessie 09:00: Driehoek t Sentraal; Kalahari t Overvaal en Merensky t Transvalia. Middagsessie 14:00: SHS t Duineveld en Jim Fouche t Transvalia.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button