NewsSport

Vier uit vier vir Valia

Span maak sy stem dik by Kovsie Smash T20-toernooi in Bloemfontein

VANDERBIJLPARK – Die HS Transvalia is na rondte vier van die Kovsie Smash T20-toernooi steeds onoorwonne en beklee tans die boonste sport op Afdeling A se punteleer.

Die toernooi word vandeesweek in Bloemfontein aangebied.

Valia het gister vir Merensky en Jim Fouche onderskeidelik met 6 paaltjies en 51 lopies geklop. Die Ligbloues kom vandag teen Trio te staan.

Die ander deelnemende skole van die Vaaldriehoek HS Sasolburg, Overvaal en Driehoek het wisselende welslae behaal. Die Hoekies sal vandag wil terugdeins nadat hy met 38 lopies teen Sentraal o19A die knie gebuig het.

Overvaal het op sy beurt met vyf paaltjies teen die Kalahari Eagles verloor, maar HS Sasolburg se vlam het hoog gebrand nadat hy Duineveld met vyf paaltjies geklop het.

Vir die volledige telkaarte kliek op hierdie skakel: https://stumpsapp.com/cric/B9EC

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button