News

Fopnuus-stemnota oor “reusagtige luislang” saai paniek

Die brandweer sê die boodskap is vals en saai onnodige paniek.

MEYERTON – ’n Video en ’n stemnota wat die rondte op sosiale media doen oor ’n sogenaamde reusagtige luislang wat uit Arconpark ontsnap het en glo honde en katte verorber, het inwoners van die omgewing onnodig op hol.

In die stemnota stel ’n man homself voor as ’n “slangvanger” van die Vaaldriehoek en beweer die luislang het uit Arconpark beweeg nadat dit diere daar gevreet het.

Hy waarsku verder dat die slang “nie van Suid-Afrika is nie” en as gevaarlik beskou moet word.

Die Midvaal-brandweer het die bewerings egter ten sterkste ontken en dit as fopnuus bestempel.

“Dit is alles onwaar. Die sogenaamde video en stemnota is fopnuus. Daar is geen bevestigde voorval van ’n ontsnapte luislang nie,” het ’n bron by Midvaal-brandweer aan Vaalweekblad gesê.

Volgens die bron het slangkenners, saam met beamptes van die De Deur-polisie, reeds ondersoek ingestel, maar geen teken van so ’n slang gevind nie.

Die owerhede waarsku dat die verspreiding van ongeverifieerde stemnotas en video’s onnodige paniek veroorsaak en versoek die publiek om nie fopnuus op sosiale te deel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button