News

Rekords spat by Dr. Malan–Helpmekaar-interskole byeenkoms

Twee o.16-atlete het gisteraand hul name in die rekordboeke geskryf met blitsvinnige 200 m-vertonings.

MEYERTON – Verskeie lankstaande baanrekords het Vrydagaand gespat tydens die interskool-atletiekbyeenkoms tussen Hoërskool Dr. Malan en Helpmekaar Kollege, wat by Hoërskool Dr. Malan in Meyerton gehou is.

Jayden le Roux het die seuns o.16-200 m-rekord verbeter na 22.17 sekondes, en daarmee die vorige rekord van 22.66 sekondes, wat in 2017 deur Quintin van Zyl van Hoërskool Oosterlig opgestel is, oortref.

By die meisies o.16 het Maruzé Marais die 200 m-rekord verbeter na 25.86 sekondes. Die vorige rekord van 26.40 sekondes is in 2018 deur Anjenet Bezuidenhout van Hoërskool Dr. Malan opgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button