News

11-jarige seun verdink by Vaal Marina-waterfront

’n 11-jarige seun het Saterdag verdink toe hy in die Vaaldam gaan swem het saam met vriende.

VAAL MARINA – ’n 11-jarige seun het Saterdag 24 Januarie 2026 by die Vaal Marina-waterfront verdink.

Die polisie ondersoek die voorval.

Konst. Thabang Mothibe, ’n woordvoerder van die Vaal Marina-polisie, het aan die media gesê die 11-jarige Sipho Nkomo was saam met vyf ander jong seuns toe die tragedie gebeur.

Die groep het eers by ’n parkie langs die oewer gespeel en later besluit later om in die dam te swem.

“Die seun het dieper in die water gegaan,” sê konst. Mothibe.

Die seuns het ‘n ketting gevorm om mekaar vas te hou, maar Sipho het losgebreek.

Sy vriende het probeer om hom te red, maar hulle kon nie daarin slaag nie.

Die polisie se watervleuel het die seun se liggaam ongeveer 25 meter in die dam gevind.

Forensiese dienste was op die toneel.

Polisieondersoeke duur voort.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button