News

Meyerton-atlete blink uit in Benoni

’n Eerste plek in die halfmarathon het die kroon oor ‘n sterk vertoning deur die Meyerton Atletiekklub gespan.

MEYERTON — Atlete van die Meyerton Atletiekklub het die afgelope naweek hul staal gewys tydens die Johnson Crane Hire Halfmarathon in Benoni, met sterk vertonings oor verskeie afstande.

Minki Lötter, ’n belowende jong atleet van die klub, was eerste oor die lyn en het die halfmarathon in ’n tyd van 1 uur, 26 minute en 31 sekondes gewen.

‘n Argieffoto van Minki Lotter tydens die Vaal Marathon verlede jaar. Foto: Christiaan Cloete

Haar oorwinning het die Meyerton-span se naweek op ’n hoogtepunt afgesluit.

Nog ’n bekende naam uit die Vaaldriehoek, Karin-Mari Dötze, wat tans vir die Jeppe Quondam Atletiekklub hardloop, het ook goed gevaar en ’n vierde plek behaal met ’n tyd van 1:27:53.

Meyerton Atletiekklub was sterk verteenwoordig by die byeenkoms, met 57 atlete wat aan die verskillende wedlope deelgeneem het. Dit sluit die 5 km-pretloop, 10 km, 21 km-halfmarathon en die 42 km-marathon in.

Die klub se vinnigste algehele tyd van die dag is deur Heinrich Kemp in die 21 km aangeteken. Hy het die afstand in 1:25:13 voltooi en algeheel 39ste geëindig, net buite podium-betwisting in ’n sterk deelnemersveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button