News

Honde die ware wenners van Padel-toernooi

Padelspelers het teen mekaar meegeding, maar die honde was die werklike wenners van die toernooi!

VANDERBIJLPARK – Dit het nie net gegaan oor rakette en balle op 31 Januarie by die 10by20 Padelklub langs Hennies nie.

Die Padel for the Rescues-toernooi het mans en vroue in die Americano-formaat laat meeding, met altesaam 18 spelers wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Gert Mulder slaan die bal met krag en presisie tydens die Padel for the Rescues-toernooi by 10by20 Padelklub. Foto: Christiaan Cloete

Ruanne Strydom en Hazel Hatting het gesamentlik eerste geëindig, terwyl Lianie (van wie die van onbekend is) tweede en Dean Warner derde geëindig het.

Met bykans 200 honde tans in Vaalpets se sorg, streef die sentrum daarna om elke dier te rehabiliteer, te steriliseer en in te ent, en hulle berei ook elke hond voor vir ’n nuwe huis.

Een van die Vaalpets-honde gee ‘n liefdevolle hondesoen aan ‘n mens. Foto: Christiaan Cloete

Vaalpets ondersteun ook die gemeenskappe van Bophelong en Vanderbijlpark deur kos, basiese troeteldierversorging en opvoedkundige programme te voorsien.

Danksy die toernooi kon ongeveer R4 000 ingesamel word deur kaartjies, roomysverkope, lootjies en kontant- of ander skenkings.

Heino Botha in aksie tydens die Padel for the Rescues-toernooi. Foto: Christiaan Cloete

Die publiek het ook bygedra met ongeveer 500 kg droë hondekos, 24 kg geblikte hondekos, hondekoekies, speelgoed, kougoed, ou hondebakke, halsbande, leibande, balle en ander items.

Vaalpets is dankbaar vir die samewerking van VAL Media, Badger Padel Club en verskeie ander borge wat gehelp het, en hulle moedig plaaslike maatskappye en individue aan om te help, want elke bydrae help om troeteldiere gelukkig en gesond te hou.

Een van die Vaalpets-honde tydens die toernooi. Foto: Christiaan Cloete

Besoek Vaalpets se Facebook-blad vir meer inligting, of stuur ’n e-pos aan danielle@vaalpets.co.za

‘n Speler geniet homself tydens die toernooi. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button