News

Donjuan van Heerden hang tydelik bokshandskoene op

Hy het benadruk dat dit net tydelik is.

MEYERTON – Die voormalige ABU-middelgewigkampioen, Donjuan van Heerden, het vroeër vandeesweek aangekondig dat hy tydelik die bokskryt opsy gaan skuif.

Hy het gesê:

“Hierdie sport het vir my so baie gegee – die hoogtepunte, die laagtepunte, die lesse, die dissipline… dit is ’n deel van wie ek is. Maar op die oomblik is daar dinge in my lewe wat my aandag benodig, en ek skuld dit aan myself en die mense van wie ek hou om teenwoordig te wees.”

In ’n opvolgplasing het hy benadruk dat die skuif net tydelik is:

“Laat my duidelik wees – ek het NOOIT gesê ek tree uit die bokskryt nie. Wat ek wel gesê het, is dat ek tydelik wegstap om op sekere dinge in my lewe te fokus. Hierdie sport is ’n deel van my. Dit het nie verander nie. Dit is NIE afskeid nie… dit is net ’n pouse. Ek sal terug wees. Sterker, skerper en meer gefokus as ooit tevore.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button