News

Vandag in die geskiedenis: Mev. Ples ontdek

Op 18 April 1947 is die fossiel mev. Ples by die Sterkfontein-grotte naby Krugersdorp in Gauteng ontdek.

KRUGERSDORP – Die paleontoloog Robert Broom het die beroemde skedel van Australopithecus africanus, ’n uitgestorwe hominien wat sowat 2,1 tot 2,6 miljoen jaar gelede in Suider-Afrika geleef het, by die Wieg van die Mensdom, ’n wêreldbekende fossielgebied vir vroeë menslike voorouers, gevind.

Hierdie ontdekking het nuwe lig gewerp op die vroeë geskiedenis van die mens en Suid-Afrika se belangrike rol in paleoantropologiese navorsing bevestig.

Vandag herdenk ons ’n mylpaal in die wetenskap — ’n ontdekking wat steeds nuwe vrae oor ons oorsprong help beantwoord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button