Best of the Vaal: Amper tyd om te stem!
'n Totaal van 1 380 plaaslike besighede is vir die 2026 Best of the Vaal-kompetisie genomineer.

Die tyd is amper hier! Die spesiale Best of the Vaal bylaag verskyn op 12 Mei in Ster North en Ster South (Vaalweekblad se suster-koerante).
Dit is ook die amptelike datum wanneer die stemproses vir die Vaal se top besighede begin.
Daar sal geleentheid wees tot 31 Mei om jou stem te laat tel en jou gunsteling besigheid een stappie nader aan die titel in sy kategorie te bring.
Daar is egter ‘n hele rits besighede wat genomineer is.
In totaal 1 380 in die 78 onderskeie kategorieë. Dit sê nogal baie oor die plaaslike besighede!
Na afloop van die stemproses sal die toekennings op 24 Junie plaasvind.
Wees dus op die uitkyk vir die spesiale bylae en ondersteun jou gunsteling deur jou stem te gee.
