Local newsNews

Eligwa se skaakmat kampioen

Hy hou nie so baie van skool nie, maar vir sport sien Kayvian Gorrie elke dag kans.

VANDERBIJLPARK – Laerskool Eligwa het rede om trots te wees op een van hul graad 4-leerlinge, Kayvian Gorrie.

Hy het plaaslik al vele teenstanders in skaak oorwin en in die April-vakansie het hy aan die Skaak SA’s in Rustenburg deelgeneem.

Kayvian het ses van sy nege wedstryde gewen en uiteindelik 12de in die land geëindig. Hierdie was die tweede keer wat hy aan die SA’s deelgeneem het.

Hy het op vierjarige ouderdom begin skaak speel, maar het eers op agt aan toernooie begin deelneem. “Ek oefen elke dag,” vertel hy.

Die jongeling is mal oor sport en neem by die skool ook aan hokkie, krieket en atletiek deel. Hy het juis hierdie jaar by die D8 atletiekbyeenkoms drie goue medaljes gewen vir die 80m-naellope, 70m-hekkies en verspring.

Kayvian doen ook taekwondo en het al sy bruin belt verdien. Alhoewel hy goed vaar in sy akademie met LO en wiskunde as sy gunstelingvakke, sê hy prontuit dat hy baie meer van sport as skoolgaan hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button