News

Emfuleni bestee miljoene aan geskorsde amptenare

Miljoene rande se belastinggeld word in Emfuleni steeds betaal aan amptenare wat geskors is.

VANDERBIJLPARK – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het bykans R24 miljoen bestee aan werknemers wat tans geskors is.

Volgens inligting wat deur skriftelike vrae van die DA in die Gautengse Provinsiale Wetgewer aan die lig gekom het, het ‘n geskorste rekenmeester alleen sedert haar skorsing in 2019, reeds sowat R6 miljoen in dié tyd ontvang.

Sy is dus al vir ongeveer sewe jaar op skorsing terwyl sy steeds betaal word.

Kingsol Chabalala, ‘n lid van die provinsiale wetgewer en die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, sê dit dui op ’n ernstige mislukking in bestuur en aanspreeklikheid.

“Terwyl inwoners worstel met swak dienslewering en verval van infrastruktuur, word miljoene bestee aan onvoltooide dissiplinêre prosesse sonder enige dringendheid,” sê Chabalala.

Hy verwys ook na vroeëre uitsprake van Gautengse premier Panyaza Lesufi, wat volgens hom aangedui het dat die ANC-regering “uit idees gehardloop het” in Emfuleni.

Chabalala sê dit weerspieël ’n leierskap wat nie oplossings het nie en nie in staat is om voortdurende wanbestuur aan te spreek nie.

Hy meen verder dat die huidige ANC-beheerde administrasie nalatig is en nie effektief in Emfuleni kan regeer nie.

Kingsol Chabalala

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button