Local newsNews

Leomand (12) spog reeds met vele gholftitels

Leomand Jacobs berei voor vir 'n wêreldtoernooi in die VSA. Intussen wen hy die een toernooi na die ander in Suid-Afrika.

VANDERBIJLPARK – Leomand Jacobs het vier jaar gelede aan gholftoernooie begin deelneem. Sedertdien is daar aan die jong gholfspeler geen keer nie.

Verlede naweek het hy die SA Kids Golf Order of Merit ontvang, na nog ‘n uitstekende vertoning by die Irene Gountry Golf Club.

“Hy het die afgelope tyd aan agt toernooie deelgeneem. Vyf daarvan het hy gewen en in drie het hy tweede plek behaal,” vertel sy pa, Armand.

Vir die jong Leomand Jacobs is gholf sy hartklop. Foto: verskaf/Armand Jacobs

Einde 2025 het hy ook die US Kids Order of Merit huis toe gebring. Verlede jaar was ook die eerste jaar wat hy in die buiteland gaan deelneem het.

Op uitnodiging gaan Leomand die jaar weer aan die US Kids World Golf Championship deelneem. Dit vind van 30 Julie tot 3 Augustus in Pinehurst, North Carolina in die VSA plaas.

Dit was juis na verlede jaar se buitelandse ervaring wat Leomand besluit het dis tyd om sy ander sport vaarwel te roep. “Ek wil net op gholf konsentreer,” het hy vir Armand gesê.

Dit was ‘n groot besluit vir ‘n 11-jarige, maar Leomand is nog nie een dag spyt nie. Hy kry tuisonderrig en spandeer meeste van sy tyd op die gholfbaan.

Alhoewel hy maar 12 jaar oud is, het hy reeds twee SA Ope titels en twee Afrika Ope titels agter sy naam. Verlede jaar was hy deel van die SA o13 Top 10, al was hy net 11 jaar oud.

“Hy is ook verlede jaar as die GTCoC (Golden Triangle Chamber of Commerce) se Sport Ambassador – Junior aangewys,” vertel Armand trots.

Leomand sien uit daarna om sy staal by die US Kids Worlds 2026 te gaan wys. Elke toernooi is ‘n bousteen vir sy professionele gholfloopbaan waarna hy streef.

Indien enige besigheid of individu bydraes wil maak om Leomand se reis en deelname te finansier, kan donasies in die volgende rekening betaal word:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button