Local newsNews

Café Flamenco – ‘n Spaanse dans sensasie

Die Vaaldriehoek se eie Carli Olivier en haar Compañía Sophia se nuutste produksie, Café Flamenco, beloof om weer top vermaak te verskaf.

SASOLBURG – Carli Olivier en haar Compañía Sophia-dansers is bekend vir hul uitstekende produksies. Hierdie jaar se vertoning is geen uitsondering nie.

Dit is die vierde keer wat hulle, in samewerking met die befaamde klassieke kitaarspeler James Grace, deur die land toer.

Carli is opgewonde oor Café Flamenco. “Ons het agt professionele dansers die jaar. Alles is nuut en vars, van die nuwe kostuums tot by die choreografie.”

Die vertoning het iets vir almal van klassieke Spaanse danse tot by kontemporêr en natuurlik almal se gunsteling, die Flamenco.

Hul toer sluit vertonings in Secunda, Johannesburg en Sasolburg in. “Ons bring Café Flamenco huis toe op Sondagmiddag, 31 Mei, wanneer ons in die Etienne Rousseau Teater gaan optree.

“Dis waar ons die eerste keer saam met James Grace opgetree het en dis lekker om te weet ons gaan weer in die ERT optree,” vertel Carli.

Kaartjies vir die vertoning in Sasolburg is beskikbaar by seatme.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button