News

Malariagevalle neem skerp toe in Gauteng

Gauteng het reeds 414 malaria-gevalle en 11 sterftes in die eerste kwartaal van 2026 aangeteken, wat ’n skerp toename oor dieselfde tydperk verlede jaar toon.

JOHANNESBURG – Die Gautengse Departement van Gesondheid waarsku oor ’n toename in gevalle van malaria in die provinsie.

Volgens die departement is altesaam 666 gevalle van malaria in 2025 aangemeld, sowel as sewe sterftes weens die siekte.

Van Januarie tot Maart vanjaar is reeds 414 gevalle en 11 sterftes aangemeld. Dit is ’n skerp toename in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar, toe 230 gevalle en een sterfte aangemeld is.

Volgens die departement kan die toename waarskynlik toegeskryf word aan reisigers wat na malariagebiede soos Limpopo, Mpumalanga, Mosambiek, Zimbabwe en Malawi gereis het en daar die siekte opgedoen het.

Die departement waarsku dat malaria ernstig en lewensgevaarlik kan wees indien behandeling vertraag word.

Lede van die publiek word versoek om bedag te wees op simptome soos koors, kouekoors, hoofpyn en moegheid, en om onmiddellik mediese hulp te soek indien hierdie simptome voorkom.

Die publiek word ook aangeraai om muskietafweermiddel te gebruik en beskermende klere te dra.

Op 25 April 2026 word Wêreld Malariadag herdenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button