Local newsNews

Bles Bridges se familie sit musiek nalatenskap voort

Colin Dee se nuwe lied is absoluut die luister werd. Klik op die skakel die musiekvideo kan in die berig gekyk word.

VEREENIGING – Colin Dee is bekend vir sy Country treffers. Hy het 16 April ʼn nuwe lied vrygestel, My wens vir jou.

Dis spesiaal vir hom geskryf en gekomponeer deur sy niggie Sunette Bridges, die wyle Bles Bridges se dogter.

Die lied pas perfek by Colin se stem en is hoendervleis mooi. Die video is beskikbaar op YouTube en is alreeds by die 5000 keer gekyk.

Bekende radio omroeper en musiekkenner van die Vaaldriehoek, Marius de Vos het dit mooi saamgevat in sy kommentaar op die video:

“Genugtig!!! Absoluut briljant my vriend! Sunette jy is so geseënd met talent, nie net om te skryf nie, maar om presies die regte kunstenaars raak te vat vir die regte liedjies! Hierdie is ‘n treffer hoor!”

Colin het op sy Facebookblad ʼn boodskap vir Sunette geplaas, waar hy onder andere gesê het:

“Ek wil graag my opregte dank en waardering uitspreek vir die pragtige liedjie wat jy geskryf het. Dit is vir my ’n groot eer om die Bridges-musiek verder te neem en deel te wees van die voortbou van hierdie nalatenskap. Jou talent en passie het iets werklik besonders geskep, en ek voel bevoorreg om dit tot lewe te bring.”

Die verwerking en finale produksie is deur Rivers & Bridges Music Studio, VSA gedoen. Christie Schutte van Star Trax Recording Studio het vir die uitstekende stemopname gesorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button