News

Biker se stryd teen amputasie

Danksy suksesvolle chirurgie is amputasie dié keer afgeweer.

MEYERTON – Toe Dana de Kock, president van die Poison Butterflies Motorfietsklub, verlede maand in die teater by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad beland het, was die uitkoms onseker.

Die dokters moes ’n abses uit sy voet verwyder, maar daar was die gevaar dat die infeksie reeds na sy been versprei het – ’n situasie wat verdere amputasie kon beteken.

Vir iemand wat jare lank ander gehelp het, was die gedagte om nog meer te verloor amper ondraaglik.

Gelukkig was die operasie suksesvol.

Ses jaar gelede het ’n ongeluk op die strand ’n diabetiese voetwond veroorsaak wat tot die amputasie van Dana se tone gelei het.

Die dokters kon die abses verwyder, en geen verdere amputasie was nodig nie.

Dana en sy geliefdes sê hulle is ongelooflik dankbaar, maar die pad na volle herstel gaan steeds lank en uitdagend wees.

Hy en sy familie het tans alle ondersteuning nodig, aangesien hy nie vir die afsienbare toekoms inkomste sal hê nie.

Ses jaar gelede het ’n ongeluk op die strand ’n diabetiese voetwond veroorsaak wat tot die amputasie van Dana se tone gelei het.

Ondanks die verlies van sy tone, staan Dana steeds sterk en vasbeslote om te herstel.

Ondanks die pyn het Dana steeds as broodwinner vir sy familie gewerk.

Onlangs het komplikasies teruggekeer met ernstige pyn en infeksie wat sy mediese stryd vererger. Gauteng se hospitale kon nie die nodige sorg bied nie en Kaapstad se mediese fasiliteite was sy beste opsie.

Sy familie het vir hom ’n plek in Kaapstad gereël, maar ongelukkig is die huis deur mense wat hulle gehelp het gestroop.

Die Poison Butterflies-klub het toe ’n BackaBuddy-veldtog begin om Dana te ondersteun.

Dana is nou tuis, herstel saam met sy familie en ontvang die ondersteuning wat nodig is.

*Besoek die BackaBuddy-groep wat vir Dana gestig is hier om uit te vind hoe jy kan help.

Dana de Kock, president van die Poison Butterflies Motorfietsklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button