Local newsNews

Charl du Plessis gee lewe aan ERT se Steinway

Kombineer die mooie Steinway van die Etienne Rousseau Teater met die vaardige vingers van 'n meester pianis en jy het 'n kookwater vertoning.

SASOLBURG – Die gehoor is Sondag behoorlik bekoor deur Suid-Afrika se befaamde Steinwaypianis, Charl du Plessis.

Die vertoning het om 15:00 by die Etienne Rousseau Teater (ERT) plaasgevind. Hierdie vertoning was vir Du Plessis uiters spesiaal, aangesien dit die bekendstelling van sy tweede solo-album, My Favourite Things, gevier het.

Charl du Plessis agter die eRT se trots, die steinway-vleuelklavier. Foto: Gerda Bruinette

Sy debuut-CD, Free Hand, is ook in die ERT opgeneem. Hy beskou dié teater as een van sy gunsteling teaters in die wêreld en hy het al wêreldwyd opgetree.

Soos hy self sê: “As ek hier is, skreeu my hart Vrystaat!” Hy is ‘n bekende gesig by die ERT en het oor die jare al menigmaal hier opgetree.

Nie net in solo vertonings nie, maar ook saam met sy Trio en vele kere saam met Nataniël. Sondag het Du Plessis van sy gunsteling klassieke werke gespeel. Die meeste met ‘n tipiese Charl du Plessis-kinkel.

Net hy kan dit foutloos regkry om My Way moeiteloos by Christian Sinding se Rustles of Spring in te werk. Om nie te praat van ABBA se Money, Money, Money in een van Beethoven se komposisies nie.

Die Vaaldriehoek se Spaansedans diva Carli Olivier, die ERT se artistiese direkteur Herman van Niekerk en Charl du Plessis na die vertoning. Foto: Gerda Bruinette

Hy het ook sy uitsonderlike talent gewys deur die gehoor te vra vir liedjies wat hulle wil hê hy moet speel.

So het hy die Bumble Boogie, The Tango uit Scent of a Woman, Autumn Leaves en Chopin meesterlik gekombineer na net ‘n paar sekondes van dink. Die mense het hul ingeleef in die vertoning en hy is met ‘n staande ovasie gegroet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button