News
Nog Bruid van die Jaar inskrywings
Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.
Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.
Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.
Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
