Local newsNews

Nuwe rol vir Herman by die ERT

Herman van Niekerk vir jare die hartklop van die teater, het nou 'n nuwe posisie by die ERT.

SASOLBURG – Teatergangers het Herman van Niekerk die afgelope 11 jaar leer ken as ‘n man met ‘n goue hart wat met styl vertonings vir die Etienne Rousseau Teater gereël het.

Hy was die teaterbestuurder sedert die heropening van die teater in 2015. Nou gaan hy ‘n nuwe pos beklee as Artistiese Direkteur van die teater. Hy sal verantwoordelik wees vir fondsinsameling en die reël van klassieke vertonings.

Herman van Niekerk saam met twee van die ERT se getroue teatergangers Rina en Jaap Bosch. Foto: Gerda Bruinette

Die voorsitter van die ERT NPO, Holger Maul, het Sondag na Charl du Plessis se vertoning vir Herman bedank vir sy goeie werk om die teater weer op die been te bring.

Die teater is heropen nadat SASOL besluit het om die ERT weer tot sy volle glorie te herstel. Die twee voorwaardes was dat die teater as ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer word en dat ‘n bekwame bestuurder aangestel moes word.

Vir die raadslede was daar net een man wat uitgestaan het en dit was Herman. Hy het dadelik ingespring en gesorg dat die ERT topgehalte beligting, klank en selfs sitplekke kry wat die akoestiek bevorder.

Herman het in 2022 erkenning vir sy uitstekende werk gekry toe hy as die Vaal se Ambassadeur van kultuur vir 2022 deur die Golden Triangle of Commerce (GTCoC) aangewys is.

Alhoewel Herman uittree as operasionele direkteur sal hy steeds verbonde aan die ERT bly en was Sondag ‘n dankie sê en nie ‘n totsiens nie.

Na die vertoning is daar ook ‘n klein geselligheid vir Herman en vriende op die verhoog gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button