News

Farzana veg voort om ferals te voed

Farzana Ismail, die hart agter die nie-winsorganisasie The Feral Carer, gaan voort om na verskeie katkolonies in Vanderbijlpark om te sien, selfs al gaan sy tans deur ’n moeilike tyd.

VANDERBIJLPARK – “Op Sondag 5 April het ek met ’n daaglikse roete huis toe gery en skielik vergeet waar ek is. Hierdie episode het ’n paar minute geduur, gevolg deur ’n paar ander voorvalle gedurende die week waar ek, in die middel van ’n klas (sy werk by VUT), nie die woorde kon vind om met my les voort te gaan nie,” sê Farzana.

“Ek was dokter toe en moes gaan vir ’n EEG-skandering en bloedtoetse, en dit blyk dat ek uiters lae ystervlakke het. Brain fog is tans ook ’n groot probleem vir my. Ek werk eers daaraan voordat ek verdere toetse moet ondergaan.”

Maar te midde van hierdie mediese onstuimigheid, het sy nooit versuim om toe te sien dat honderde wilde katte (ferals) daagliks gevoer word nie.

“Ek bly optimisties dat dinge sal verbeter, maar vir nou sal ek baie dankbaar wees as my volgelinge en katliefhebbers kan help met voortgesette befondsing,” sê Farzana.

Sedert 2015 het dit wat as ’n daad van medelye begin het, in ’n reuse sending ontwikkel: om elke dag ongeveer 400 gemeenskapskatte van 28 kolonies te voer.

“Elke maand is ’n opdraande stryd. Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan hierdie reddingspogings eenvoudig nie voortgaan nie. Ek glo vas dit verg ’n hele gemeenskap om die lewens van hierdie minderbevoorregte katte te verander.”

Omdat die taak om hierdie kolonies in stand te hou so omvattend is, kan The Feral Carer nie nuwe katte of klein katjies inneem nie.

Die fokus moet bly op die oorlewing van die 400 lewens wat reeds van haar afhanklik is. Met byna daaglikse veeartsbesoeke en stygende koskoste, het die uitgawes buitensporig geword.

Hoe kan jy help?

The Feral Carer is op soek na maandelikse donateurs om ’n volhoubare basis te bied.

Bydraes word gebruik vir die aankoop van voedsame kos, veeartsbesoeke, en boumateriaal vir warm, veilige skuilings vir die katte (veral met die winter wat voorlê).

Maandelikse donateurs benodig

“Ondersteun asseblief my saak deur ’n maandelikse donateur te word. Julle bydraes word geweldig waardeer in ’n tyd soos hierdie. Ek kan dit nie sonder julle doen nie,” sê Farzana.

Indien jy bereid is om te help maar bewys van enige organisatoriese dokumentasie verlang, kontak Farzana gerus by 082 285 6269 of via haar Facebookblad.


Skenkings kan gemaak word aan The Feral Carer NPC-rekening:
REKENINGNAAM: THE FERAL CARER NPC
BANK: FNB
REKENINGNOMMER: 62915444327
TAKKOODE: 250655
VERWYSING: JOU NAAM EN VAN

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button