Local newsNews

‘n Swembad vir Coach Benny

Coach Benny was die held van vele jong swemmers wat hy oor 'n bestek van by die 20 jaar afgerig het. Nou is daar 'n swembad na hom vernoem.

VANDERBIJLPARK – Benny Janssen was vir jare een van die Vaaldriehoek se mees geliefde swemafrigters. Dit was meer as net ʼn werk vir hom, dit was waarvoor hy geleef het.

Hy het in 2021 tydens ʼn onderhoud met Vaalweekblad gesê: “Dit is my roeping. Ek doen alles uit geloof en met die genade van God.”

Wyle Coach Benny Janssen. Foto: verskaf Gerda Janssen

Elkeen van die Titans Swembklub se lede, van die beginners tot by die senior sterre, was vir hom en sy vrou Gerda, soos hul eie kinders.

Die skok was groot toe hy in 2023 oorlede is. Onlangs het Swim Excellence hul nuwe swembad aan Coach Benny toegewy.

Para-swemmer JP Nel in die swembad wat na sy geliefde Coach Benny vernoem is. Foto: Taylamadephotograph

Die Benny Janssen Swimming Pool het oral bordjies op met Benny se gesegdes. Die openingsgeleentheid is bygewoon deur sy vrou Gerda Janssen en van sy voormalige swemmers.

Alhoewel almal ʼn knop in die keel gehad het, was daar ook dankbaarheid en vreugde. Benny het diep spore getrap en dis gepas dat die swembad na hom vernoem is.

Anita Lucas, Micah Marx en Gerda Janssen spring klere en al in die swembad om dit in te wy. Foto: Taylamadephotograph

Nadat Gerda en die eienaar van Swim Excellence, Anita Lucas, die groot rooi strik geknip het, het hulle onseremonieel met klere en al in die swembad gespring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button