Local newsNews

Parkies hou hippie partytjie vir Mnr Coenie

Dis tradisie. Dis pret. Elke jaar is Mnr. Coenie se verjaarsdag 'n hoogtepunt op Laerskool Kollegepark se kalender.

VANDERBIJLPARK – Laerskool Kollegepark se hoof Coenie Herbst het Vrydag sy 60ste verjaarsdag gevier. Almal het aan kolwyntjies gesmul.

Vandag was egter die groot partytjie. Wat is beter as ‘n partytjie so reg uit die 60’s wanneer jy 60 word? Coenie het selfs die kans gehad om agter op ‘n driewiel motorfiets in die parkeerterrein te ry. Natuurlik geklee as ‘n hippie.

Coenie en sy vrou Annalie Herbst. Foto: Laerskool Kollegepark/Facebook

Dis nou een ding van hierdie laerskoolhoof, maak nie saak wat die skool uitdink nie, hy speel saam. Die glimlagte was groot toe hy deur die leiers in hul geblomde klere ingewag is.

Vorige jare was hy al enigiets van ‘n cowboy, kompleet op ‘n perd, tot by ‘n superheld in ‘n wolfkostuum. Moenie vra nie, die graad 1’s het dit daardie jaar gereël en hoekom hul Mnr. Coenie ‘n wolfkostuum laat aantrek het, sal net hulle weet.

Vandag het hy weer goediglik saamgespeel. In die saal was die opgewondenheid voelbaar terwyl die leerders op hul Mnr. Coenie gewag het. Na die saal verrigtinge, het die personeel ook saam met hom gekuier. Die personeelkamer was getooi met versierings so reg uit die 60’s.

Tot die personeelkamer was in helder kleure getooi met retro vibes. Foto: Laerskool Kollegepark/Facebook

Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Ons het behoorlik teruggegaan na die 60’s om Mnr. Herbst se verjaarsdag te vier! Van helder kleure tot retro vibes… ons het dit alles gehad!

“Baie geluk, Meneer! Dankie vir Meneer se inspirerende leierskap, toewyding en die hart waarmee Meneer ons skool lei. Meneer maak elke dag ’n verskil en ons waardeer dit meer as wat woorde kan sê.

“Mag die nuwe lewensjaar net soveel vreugde, sukses en good vibes bring soos hierdie spesiale dag wat ons as Laerskool Kollegepark saam met Meneer kon vier!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button