Local newsNews

Valies genomineer vir Melomaan Toekennings

Veels geluk aan die kunstenaars wat alreeds benoem is. Ons hou duimvas dat daar nog Vaaldriehoekers in die ander kategorieë genomineer sal word.

Die Melomaan Gala Aand vind hierdie jaar 27 Junie plaas. Tydens hierdie spog geleentheid word daar verskeie toekennings gegee van sanger van die jaar tot by geestelike lied van die jaar.

Franco van Zyl en Elzé Rose. Foto: Melomaan Talent/Facebook

Alhoewel al die nominasies nog nie bekend is nie, is daar reeds drie Vaaldriehoekers in vier kategorieë benoem.

Elzé Rose neem die voortou. Sy het tans drie nominasies. Die eerste is vir die kategorie, Duo van die jaar saam met Franco van Zyl vir hul lied, God van genesing. Dan is sy ook benoem vir Country lied van die jaar vir Mercy in the dust en Geestelike lied van die jaar vir Genadetrein.

Caitie Rock van Meyerton. Foto: Melomaan Talent/Facebook

Yolandie is genomineer in die Geestelike lied van die jaar kategorie vir Wees ʼn lig. Die Vaal se jong sang sensasie, Caitie Rock is een van die finaliste in die Sangeres van die jaar onder 18 kategorie.

Yolandie het die cover lied van die jaar asook musiekvideo van die jaar in 2025 gewen. Foto: Melomaan Talent/Facebook
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button